Jaag Na Die Doel

Die Evangelie vir die Hele Wêreld!

Drie Tekens dat die Wederkoms Vlak Voor die deur is - Deel 3

deur
Elmer Grobler

Vervulling van die groot afvalligheid en misleiding in die Kerk van die laaste dae.

Die Bybel profeteer dat daar in die laaste dae voor die wederkoms van Jesus Christus ‘n groot afvalligheid onder Christene gaan plaasvind. Die heel eerste teken van Sy wederkoms wat Jesus in Sy profetiese rede gee, is geestelike afvalligheid en misleiding in die laaste dae. In Mat 24:3-5 lees ons die volgende: “En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.”

Ons lees ook van hierdie afvalligheid en misleiding in die laaste dae in ander dele van die Bybel, onder andere in 1 Tim 4:1: “Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang ...”, in 2 Tim 3:1-5: “Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, ... meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. ...”, sowel as in 2 Tim 4:1-4: “Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.”

Laat ons bietjie in meer besonderhede gaan kyk na die karakter en eienskappe van hierdie afvalligheid en misleiding. Uit die bogenoemde Skrifgedeeltes kan ons vier eienskappe van hierdie afvalligheid en misleiding identifiseer. Die eerste is, valse christusse; die tweede is verleidende geeste; die derde is ‘n mensgerigte en selfgesentreerde godsdiens; en die vierde is ‘n uiterlike skyn van Christenskap.

Gedurende die negentiende en twintigste eeu was daar wêreldwyd groot herlewings op verskillende plekke in die wêreld. Gedurende hierdie tydperk het die Christendom gebloei en het die Evangelie grootliks uitgebrei na die Onbereikte Wêreld. ‘n Besondere kenmerk van hierdie herlewings was dat Christene wêrelwyd ‘n groot en lewende wederkomsverwagting gehad het!

Gedurende die tweede helfte van die twintigste eeu het die egte herlewings al minder geword, die vervulling van eindtydse wederkomsprofesieë het toegeneem, terwyl valse herlewings alhoemeer die plek daarvan ingeneem het. Wat interessant is van baie van hierdie herlewings is dat Christene se wederkomsverwagting al hoe meer gekwyn  het — veral na die draai van die millennium — terwyl nuwe bewegings wat die klem van die Evangelie verskuif het na materiële voorspoed, gawes-, wonderwerke– en genesing al hoe meer veld gewen het. Dit het onder andere veroorsaak dat Christene al meer verdeeld geraak het ten opsigte van hulle toekomsverwagting. Daar is die groep wat verwag en bid dat ons land en die wêreld ‘n beter plek moet en gaan word. Dan is daar die ander groep wat glo dat ons land en die wêreld op ‘n afdraende pad na die openbaring van die antichris en die wederkoms van Jesus Christus is, en dat dinge nie gaan verbeter nie.

1. Valse christusse

Daar het reeds verskeie ‘profete’ daarop aangespraak gemaak dat hulle die ’Christus’ is, en die Bybel leer vir ons dat wanneer die Antichris sy verskyning gaan maak, baie hom gaan aansien as die ‘messias’ van die wêreld. Die groot gevaar van valse christusse is egter nie sodanig diegene wat hulleself as ‘Christus’ voordoen nie — want geen ware weergebore Christen sal maklik so mislei word nie — maar wel ’n ‘evangelie’ wat baie subtiel ‘n ander christus verkondig.

Die gevaar van hierdie evangelie is dat die karakter van Jesus Christus baie subtiel verdraai word om ‘n Jesus te verkondig wat nie die Jesus Christus van die Bybel is nie. Miljoene mense, waaronder baie weergebore Christene,  sien nie die verskil raak nie en word subtiel mislei. Die verkondigers van hierdie ander Jesus glo (’opreg’) dat hulle die ware evangelie het en verkondig, terwyl massas aan hulle lippe hang — in absolute vervulling van 2 Tim 4:3,4!

Ek het ‘n volledige artikel met die titel, ‘Die Ander Jesus’, geskryf en versoek dat u dit by hierdie skakel sal lees.

2. Verleidende geeste

Die artikel, ‘Die Ander Jesus’, behandel ook die onderwerp van misleiding, maar die vraag waarop ons hier wil fokus is, hoe gebeur dit dat bose geeste weergebore Christene kan mislei? Dit is belangrik dat ons die beginsels waarop bose geeste funskioneer moet verstaan. Daar bestaan ‘n algemene siening dat die duiwel niks kan uitrig met of teen kinders van die Here nie omdat hulle Koningskinders is. Dit is insigself ’n misleiding. Satan en sy bose magte behou die reg voor om te funksioneer op enige terrein van ‘n mens (Christene ingesluit) se lewe waar daar ‘n opening of oop deur bestaan. Die volgende voorwaardes verleen aan Satan en sy bose magte ‘n opening of oop deur vir verleiding, misleiding, bindinge, of verblindinge:

  • ‍Waar daar onbelyde en onbekeerde sonde bestaan. Waar daar sonde is, is Satan betrokke — en waar Satan betrokke is, is daar sonde. Sonde en Satan loop langs mekaar soos Vinkel en Koljander. Dit help egter nie om die satan te bestraf of te bind as daar sonde bestaan nie. Baie Christene probeer die satan beveg terwyl daar sonde is wat aan hom die reg gee om funksioneer. Handel met die sonde dan sal die satan en sy bose magte ook wyk. Baie Christene is gedurig besig om die spinnerakke in hulle geestelike lewe te probeer verwyder. Maak eers die spinnekop dood!
  • Waar daar ‘n terrein in iemand se lewe bestaan (liggaam, siel of gees — wil, intellek of emosie), wat nie onder die heerskappy en beheer van die Heilige Gees is nie. Daarom is die enigste waarborg dat jy nie op een of ander terrein van jou lewe mislei sal word nie, ‘n algehele en onvoorwaardelike oorgawe van jou hele lewe — Wil, Intellek en Emosie — aan die wil en heerskappy van Jesus Christus, soos dit geopenbaar word in die Woord.
  • Waar iemand ‘n leuen, onwaarheid of ‘n valse waarheid in verband met die Woord van God glo of aan vashou. Daarom is dit van absolute belang dat elke Christen daagliks tyd in die Woord en gebed sal spandeer, die Woord sal ken en nie slegs op die dominee of pastoor sal staatmaak vir Bybelinsig nie, en die Heilige Gees daagliks sal vertrou (en Hom toelaat) om jou in die volle waarheid te lei!

Die gevaar van misleiding met betrekking tot lofprysing

‘n Belangrike oorsaak sowel as resultaat van die misleiding van die laaste dae, het te doen met lofprysing!  Ek haal hier vier belangrike punte aan uit ‘n seminaar wat ek in die verlede oor gebedsoorlogvoering aangebied het:

  • Praise and worship must be conscious and rational. Praise and worship must never lead you into a subconscious or unconscious state of mind. The subtle slow down in volume and tempo of a hymn together with the constant repetition of a certain word or phrase, is a spiritistic method that leads to the creation of a mantra that will result in some people falling into a trance.
  • Secondly, the words we sing must be Biblical and theologically correct and true. There are many songs that are sung by churches all over, with words that are superficial or not Biblically sound. Satan knows the truth of the Bible and Gospel better than any theologian in this world! He is not deterred by words that are not absolute truth!
  • Thirdly, effective praise and worship must be spiritual as opposed to emotional! It is vitally important that Christians should be able to distinguish between emotional (which is carnal), and spiritual Gospel music. My view is that 90% or more of the so-called "Gospel" music out there, is not Gospel at all. It is simply religious words cloaked in worldly and carnal music. Christian words alone don't make a song Christian! Demons love any music that diverts the believer’s attention to his emotion, rather than to his spirit — because it paves the way to a feel-good gospel and the other Jesus. If so-called Christian music drives you to dance rather than kneel, beware, the demons are dancing with you!
  • Fourthly, praise and worship must uplift Jesus Christ as Lord, and must focus on the victory of the Cross of Calvary over sin, the Blood of the Lamb, and Jesus' resurrection from the grave. Satan is not at all offended by hymns where only the Name of God is used with no reference to Jesus Christ, the Lamb, the Cross, Calvary, the Blood, or the resurrection. Satan does not care if God is praised all day long - as long as Jesus Christ is not the Lord. Satan himself views himself as God, and even carries the title, god of this world. So any worship song that omits the name or any reference to Jesus Christ the Lord, he simply applies to himself, and accepts the worship for himself even though it is not aimed at him.

3. ‘n Mensgerigte en Selfgesentreerde evangelie

‘n Baie belangrike eienskap van die populêre evangelie van ons tyd — wat die inhoud van die misleiding van die laaste dae verteenwoordig soos ons dit ook in die Skrif lees — is dat dit mensgerig is. Ons het in 1 Tim 4 gelees: ” ...omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.” Die objek van hierdie evangelie is die mens. Hierdie klemverskluiwing is so subtiel dat die oorgrote meerderheid van Christene dit nie eers agterkom nie.

Laat ek myself verduidelik. Joh 3:16 wat ons almal uit die kop ken lees so: “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Joh 3:16 lees soos volg vir die misleide kerk:  “Want so lief het God VIR MY EN ALLE ANDER MENSE gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Is daar ‘n verskil? Is die tweede weergawe nie ook waar nie? Jy sien, dit is hoe subtiel die misleiding is — die tweede weergawe is ook waar, maar die klem van die vers het verskuif vanaf God en Sy plan vir die wêreld, na die mens as die fokuspunt van die Evangelie.

Jy mag miskien dink dit is ‘n irrelevante en onbenullige verskil maar dit het ‘n geweldige invloed op die perspektief waarmee, of die “bril” waardeur jy die Bybel lees. Die eerste weergawe van Joh 3:16 impliseer dat God die fokuspunt van die Evangelie is en die mens is daar vir God. Die tweede weergawe van Joh 3:16 impliseer dat die mens die fokuspunt van die Evangelie is en God daar is vir die mens. In werklikheid is die tweede weergawe ook korrek, maar slegs binne die konteks van die eerste! Jou begrip en perspektief van God in die Bybel sal in die praktyk ‘n enorme verskil maak aan hoe jy die Evangelie verstaan! As jy die eerste weergawe van Joh 3:16 vervang met die tweede, sal jy uiteindelik uitkom by ‘n ander Jesus! In die artikel, ‘Die Ander Jesus’, behandel ek die onderwerp in meer besonderhede.

4. ‘n Uiterlike skyn van Christenskap

Massas “wonderlike” mense wat deurgaan as “kinders van die Here” wat Sondag na Sondag in kerke van alle denominasies sit en God uit volle bors loof — sommige dansend en met swaaiende hande omhoog, ander op ‘n meer formele manier — is dood ongered! Massas wat as “kinders van die Here” deurgaan bou op valse fondamente! Massas praat saam as daar oor God gepraat word, maar dit is niks meer as ‘n Christelike skyn nie. Massas bou hulle saligheid op ‘n belydenis of ‘n gebed wat hulle êrens in die verlede gemaak of gebid het, terwyl andere dit bou op ‘n gevoel van warmte wat hulle in die kerk of tydens lofprysing ervaar.

Wanneer die Groot Verdrukking begin en die ware Kerk ondergronds sal moet gaan of met hulle lewe boet, sal die uiterlike kerk soos dit vandag daar uitsien, op enkele uitsonderings na, nog net so bestaan en voortgaan. Die enigste verskil sal wees dat die ware Christene nie meer daar sal wees nie. Baie kerke sal egter nie eers agterkom dat iets verander het nie!

Is jy gereed?

As jy wil weet hoe om gered en weergebore te word, volg hierdie skakel.

As jy wil weet hoe om 'n Geesbeheerde en oorwinnende geestelike lewe deelagtig te word en 'n bruikbare dissipel van Jesus Christus te wees, volg hierdie skakel.

Om Drie Tekens dat die Wederkoms Vlak Voor die Deur is - Deel 1 te lees, volg hierdie skakel.

Om Drie Tekens dat die Wederkoms Vlak Voor die Deur is - Deel 2 te lees, volg hierdie skakel.

Die Skrywer
Deel asseblief hierdie artikel met jou vriende op jou sosiale media

Het jy seën ontvang deur 'n artikel op hierdie webblad? Dan doen ons 'n beroep op jou om deel te word van die Missie Oorwin span.

Missie Oorwin
Die Here roep elkeen van Sy kinders om 'n Aäron en Hur te wees in die stryd vir die Evangelie. Die Missie Oorwin span hou ons arms omhoog soos Aäron en Hur Moses se arms omhoog gehou het op die berg terwyl Josua en die Israeliete teen die Amalekiete geveg het in Exodus 17. Word deel van die Evangelie van Jesus Christus se oorwinningstog deur die wereld! Lees hier meer oor Missie Oorwin.

Artikels

| Tuisblad | Leef In Oorwinning |
| Missie Oorwin |
| Omtrent Ons | Kontak |
| Jou Privaatheid | Ons Aanspreeklikheid |

© Kopiereg 2013-2019 Scripture Educational Programs
Alle regte voorbehou.