Jaag Na Die Doel

Die Evangelie vir die Hele Wêreld!

Roep God Elke Christen?

deur
Elmer Grobler

Jesus Christus roep elke Christen tot betrokkenheid by die voltooiïng van Sy Groot Opdrag — en as jy nie is nie, is jy nog buite God se volledige doel en plan vir jou lewe!

God het ‘n drievoudige doel en plan vir elke mens op aarde en ook vir jou. Hierdie drievoudige doel en plan behels die volgende:

1. Wedergeboorte. 

Om jou ‘n kind van God te maak. Om Sy skeppingsdoel in jou te vervul deur jou deel te maak van God se nageslag, familie, hemelse bevolking en Koninkryk. Jy is dit nie van nature nie, want jy word in sonde ontvang en gebore. Daarom moet jy weer gebore word om 'n kind van God te word. As jy nie seker is of jy weergebore en 'n kind van God is nie, kan jy meer hier lees.

2. Dissipelskap. 

Om jou te bekwaam vir die hemel - om die beeld van God in jou te herstel wat deur die sondeval vertroebel is en jou voor te berei en te bekwaam vir jou hemelse burgerskap, taak en leierskap in Sy Koninkryk - om jou 'n dissipel van Jesus Christus te maak. Jesus wil jou leer en lei op die pad van Godskennis en heiligmaking. Hy wil jou leer wat dit beteken om 'n navolger van Jesus Christus te wees. As jy meer wil lees hieroor, volg hierdie skakel.

3. Diensbaarheid. 

Om jou te gebruik hier op aarde. Om jou toe te rus en te bekragtig om Sy instrument te wees deur Sy skeppingsdoel hier op aarde te help bereik en die hemel te help bevolk. Om jou bruikbaar en vrugbaar te maak in Sy diens. Jesus Christus roep elkeen van Sy kinders om betrokke te wees by Sy groot plan vir die wêreld, en hierdie plan behels om vir Hom 'n nageslag en Bruid na Sy beeld  te verwek, om saam met Hom te regeer oor die skepping in ewigheid met Sy wederkoms. Hierdie hemelse plan van God vir die wêreld kom tot uitdrukking in wat ons noem, Jesus se Groot Opdrag. As jy meer wil lees hieroor, volg hierdie skakel.

Die Skrywer
Deel asseblief hierdie artikel met jou vriende op jou sosiale media
Het Jy Geweet?
Vyf Broodjies En Twee Vissies

Het jy geweet dat jy 'n stuurder van die Evangelie na die onbereikte wêreld kan wees deur 'n 'digitale sendeling' uit te stuur vir so min as 'vyf garsbroodjies en twee vissies'? As jy seën ontvang het deur 'n artikel op hierdie webblad, doen ons 'n beroep op jou om deel te word van Scripture Educational Programs (waarvan hierdie webblad 'n projek is) se digitale 'stuur'-projek na die uiteindes van die wêreld. Volg die skakel vir meer inligting.

Artikels

Het jy seën ontvang deur 'n artikel op hierdie webblad? Dan doen ons 'n beroep op jou om deel te word van die Missie Oorwin span.

Missie Oorwin
Die Here roep elkeen van Sy kinders om 'n Aäron en Hur te wees in die stryd vir die Evangelie. Die Missie Oorwin span hou ons arms omhoog soos Aäron en Hur Moses se arms omhoog gehou het op die berg terwyl Josua en die Israeliete teen die Amalekiete geveg het in Exodus 17. Word deel van die Evangelie van Jesus Christus se oorwinningstog deur die wêreld! Lees hier meer oor Missie Oorwin.
| Tuisblad | Leef In Oorwinning |
| Missie Oorwin |
| Omtrent Ons | Kontak |
| Jou Privaatheid | Ons Aanspreeklikheid |

© Kopiereg 2013-2019 Scripture Educational Programs
Alle regte voorbehou.