Jaag Na Die Doel

Die Evangelie vir die Hele Wêreld!

Drie Tekens dat die Wederkoms Vlak Voor die Deur is - Deel 1

deur
Elmer Grobler

15 Mei 2017

“Die wederkoms van Jesus Christus is vlak voor die deur” — is woorde wat by meeste Christene sy trefkrag verloor het. Meeste Christene het hierdie woorde al van kindsbeen af gehoor, en steeds het dit nie gebeur nie. Wanneer meeste Christene hierdie woorde hoor raak dit hulle nie meer nie. Ek onthou nog dat kerke waar wederkomsboodskappe gepreek is gedurende die negentiger jare van die vorige eeu stampvol was. Daar was ‘n verwagting by baie Christene dat die wederkoms (en die wegraping) moontlik teen die draai van die millennium kon plaasvind. Toe dit nie gebeur het nie, het baie Christene se wederkomsverwagting verflou — ek was een van hulle!

Dit is dus geen wonder dat baie Christene vandag glo dat Jesus se wederkoms nog honderde jare in die toekoms kan lê nie. Het jy geweet dat ook hierdie ‘n vervulling van ‘n Bybelse eindtydse profesié is? Daar staan in 2 Pet 3:3,4: “Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat ... sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.”

Die Here het egter by my ‘n nuwe wederkomsverwagting wakker gemaak wat ek met jou wil deel. Die drie onweerlegbare tekens dat die wederkoms van Jesus Christus vlak voor die deur is, is soos volg:

1. Die beskikbaarheid van die Evangelie aan elke volk, stam en taal.

2. God se program en tydtafel in die geskiedenis van die wêreld.

3. Die vervulling van die groot afvalligheid van die Kerk in die laaste dae.

Die Beskikbaarheid van die Evangelie aan elke Volk, Stam en Taal.

In die artikel, ‘Will Christ Return to Earth Before the World has been Evangelized?’ deur Dr Oswald Smith, en my artikel, ‘Wanneer Sal Jesus Christus Weer Kom?’ verduidelik ons uit die Woord waarom Jesus Christus nie sal terugkom voordat elke volk, stam en taal met die Evangelie bereik is nie. Die profesié van Jesus in Mat 24:14 en Mar 13:10 hou die sleutel tot die vervulling van alle ander eindtydse profesieë! Hoe weet ons dit? In die artikel, ‘Die Wêreld van God se Passie’, het ons verduidelik dat die verheerlikde Kerk die doel is van God se skepping en die objek van Sy passie. Die wederkoms van Jesus Christus lui die vervulling van God se skeppingsdoel in en die doel vir Jesus se wederkoms is om met Sy Kerk, Sy Bruid, verenig te word. Dit kan of sal nie gebeur voor die Bruid nie volledig en voltallig is nie.  

Die wederkoms van Jesus hang nie af van wanneer die Antichris geopenbaar gaan word of die Groot Verdrukking of die Wegraping gaan plaasvind nie — die vervulling van elke ander wederkomsprofesié hang af van wanneer die hele wêreld met die Evangelie bereik sal wees! Daarom moet die beskikbaarstelling van die Evangelie aan elke volk, stam en taal die Kerk van Jesus Christus se eerste en hoogste prioriteit wees!

Die vraag is egter, ‘Wanneer sal die Onbereikte Wêreld met die Evangelie bereik word?’. In hierdie artikel behandel ek ses redes waarom ek glo dat hele wêreld binnekort bereik sal wees met die Evangelie. God is besig met ’n wonderwerk onder die oë van die Kerk terwyl meeste Christene totaal onbewus is daarvan! Vir die eerste keer in die geskiedenis van die wêreld is dit nou moontlik om elke volk, stam en taal met die Evangelie te bereik met behulp van die moderne tegnologie! Hierdie ses redes is:

  1. ‍Elke mens op aarde sal binnekort digitaal verbind wees.
  2. Nuwe Bybelvertalings word toegevoeg teen ‘n fenominale tempo.
  3. Internettoegang is besig om beskikbaar te word regoor die wêreld teen ‘n fenominale tempo.
  4. Die Bybel en die Evangelie is nou vryelik beskikbaar regoor die wêreld op ‘n selfoon.
  5. Die probleem van ongeletterdheid word oorbrug met digitale tegnologie.
  6. Baie sendingorganisasies het reeds op die tegnologiebus geklim met groot sukses.

Lees gerus die artikels hierbo vir meer besonderhede. Ek wil egter in hierdie artikel vir u meer vertel van die tegnologiese revolusie van ons tyd.

Die Vierde Industriële/Tegnologiese Revolusie.

Die wêreld beleef die afgelope paar jaar ‘n tegnologiese revolusie soos nog nooit voorheen in die geskiedenis nie. Dinge wat kort gelede nog net in wetenskaplike fiksieflieks te siene was is besig om ‘n werklikheid te word. Hierdie tegnologiese revolusie staan bekend as die Vierde Industriële Revolusie. Gaan google gerus “fourth industrial revolution” op die internet en lees vir uself. Wikipedia beskryf die Vierde Industriële Revolusie soos volg: “The Fourth Industrial Revolution, or 4IR, is the fourth major industrial era since the initial Industrial Revolution of the 18th century. The Fourth Industrial Revolution can be described as a range of new technologies that are fusing the physical, digital and biological worlds, and impacting all disciplines, economies and industries.[1] ... Central to this revolution are emerging technology breakthroughs in fields such as artificial intelligence, robotics, the Internet of Things, autonomous vehicles, 3D printing and nanotechnology.[2]” (Beklemtoning my eie.)

Nanotegnologie is die wetenskap en tegnologie van klein dinge — in die besonder dinge wat kleiner is as 100nm in grootte. ’n Nanometer is een-biljoenste van ’n meter of ongeveer 3 atome lank. Byvoorbeeld, ’n menslike haar is ongeveer 60—80,000 nanometers wyd. Hierdie tegnologie maak dit moontlik om ‘n ongelooflike hoeveelheid data of inligting in ‘n baie klein volume te stoor en te bestuur. Die moderne selfoon is ‘n tipiese voorbeeld van die resultaat van nanotegnologie.

Nanotegnologie is in die proses om die HELE wêreld deur middel van die internet te verbind. Elke mens op aarde sal binnekort digitaal verbind wees. Hierdie ontwikkeling hou direk verband met twee eindtydse profesieë in die Bybel; eerstens, die bereiking van die hele wêreld met die Evangelie, en tweedens, die openbaring van die Antichris en die merk van die dier (Op 13). In die eerste plek gaan hierdie tegnologie die deur oopmaak vir die Evangelie na die oorblywende Ongeëvangelieseerde Wêreld. In die tweede plek gaan hierdie tegnologie die weg baan vir die merk van die dier wat gedurende die Groot Verdrukking op die voorkop of hand aangebring gaan word waarsonder niemand sal kan koop of verkoop, of ekonomies aktief sal kan wees nie.

Daar is drie ontwikkelings met betrekking tot die internet wat ons moet dophou wat deurslaggewend gaan wees vir die bereiking van die hele wêreld met die Evangelie. Hierdie drie ontwikkelings is, die “Internet of Good”, die “Internet of Things” (IoT), en die Digitale en Sosiale Media.

Die “Internet of Good”

Die ‘Internet Of Good’ is ‘n term wat deur Facebook gebruik word vir hulle doelwit om internettoegang tot elke mens op aarde se beskikking te stel. Hier volg enkele aanhalings uit die artikel, The ‘Internet of Good,’ courtesy of Facebook Israel, waaroor ek al in ander artikels berig het:

“Among the projects Facebook Israel is concentrating on, for example, is Facebook’s Internet.org project, which provides access to basic, free Internet services in the developing world.

“We’ve been developing apps for the platform, and they are now being deployed by people in the Philippines, India, Ghana, and many other places,” said Tiger.

The project is designed to enable the billions of people lacking in Internet access to tap into the web using their cellphones, explained Tiger. Many people in places like India and Africa do have cellphones, but they certainly aren’t the iPhones and Samsung Galaxies that most Westerners carry. Instead, they are simple devices that may offer online access — but at a high cost, due to the poor connectivity in many areas. With the apps being developed by Facebook, users will be able to engage more actively on the Internet, while keeping costs down.”

Nanotegnologie staan sentraal in hierdie projek en word moontlik gemaak deur die ontwikkeling van nanosateliete. Die berig, Satellite pioneer SkyFi’s Vision: Worldwide internet access, vertel meer hiervan. Hier volg ‘n aanhaling uit hierdie berig:

“The high flexibility of our nano satellites and the ability to provide multiple services to different customers enables us to offer free internet access to the whole planet in the same manner as GPS services are free,” said Tamir. “We think this has the potential to bridge great divides and give everyone worldwide a part in the great global connected community.”

Maar die ander ontwkkeling wat ons moet dophou is:

Die ‘Internet of Things’ (IoT)

Die beste definisie van die Internet of Things wat ek kon kry is die volgende: “The Internet of Things (IoT) is a system of interrelated computing devices, mechanical and digital machines, objects, animals or people that are provided with unique identifiers and the ability to transfer data over a network without requiring human-to-human or human-to-computer interaction.”  Die Internet of Things gaan outomatisering op elke vlak van die samelewing moontlik maak. Elke item wat jy koop in die winkel sal ‘n mikrochip bevat. Ons weet reeds dat die ontwikkeling van bestuurderlose motorvoertuie op ’n gevorderde stadium van ontwikkeling is. Die Internet of Things gaan ook dramatiese gevolge (oplossings sowel as uitdagings) onder andere op misdaad en die sekuriteitsbedryf hê.

Ek is egter oortuig daarvan dat die Internet of Things die verpligte aanbring van die merk van die dier dramaties gaan versnel. Interessant genoeg praat of skryf niemand oor die aanbring van ‘n mikroskyfie op mense (wat ons weet reeds gebeur in sommige lande) in verband die Internet of Things nie. Dit is moontlik doelbewus so om vooroordeel te verhoed. Dit kos egter nie veel verbeelding om te sien waarheen dit dryf nie! Die ander kant van die saak is egter dat die Internet of Things geweldige stukrag gaan verleen aan die bereiking van elke volk, stam en taal met die Evangelie want alles sal deur ’n selfoon beheer word. Die besit van ‘n selfoon sal dus ‘n basiese noodsaaklikheid word om deel van ‘n ekonomies aktiewe samelewing te wees.

Wat oorweldigend is omtrent die Internet of Things is die verstommende tempo waarteen dit besig is om te ontwikkel! Kenners is van mening dat dit reeds teen die jaar 2020 volwaardig ontwikkel sal wees! Die Internet of Things gaan die wêreld soos ons dit ken totaal en al verander en gaan die weg baan vir die vervulling van eindtydse Bybelprofesieë teen ‘n astronomiese tempo. As u meer wil weet omtrent die Internet of Things, lees gerus hierdie artikel, of gaan google die soekfrase.  

Ontwikkeling van die Digitale en Sosiale Media

As die Internet of Things vir u soos ‘n sprokiesverhaal klink, dan wonder ek wat u van hierdie artikel gaan dink: Facebook wants to read your mind. “Social network unveils projects aimed at allowing people to use their brains to type messages or their skin to hear words.” Terloops, ons word deur die internet gebombardeer met valse nuus soos nog nooit te vore nie. Ons kan dus nie alles glo wat ons lees nie. Ek wil u egter verseker dat ek nie berigte vanuit twyfelagtige bronne aanhaal nie. Die bron waaruit hierdie berig (en meeste van die ander berigte) kom is die Times Of Israel.

Die eerste ding waaraan ek gedink het toe ek hierdie artikel lees is, watter impak gaan dit hê op die verspreiding van die Evangelie tot aan die uiteindes van die aarde — en ek was verbasend verras! Ek haal graag vir u nog ‘n paar sinne uit hierdie berig aan:

“Facebook is looking at creating “silent-speech interfaces” based on sensors that could be worn, and made in quantity. ... It would also have the potential to capture concepts and semantics associated with words people are thinking, making language differences irrelevant by enabling sharing of what is in mind, Dugan said. ... The Building 8 group is also working on sensors that let people “hear” through their skin, with what they feel being converted into words in a variation on how the ear turns vibrations into comprehensible sounds. ... “Our brains have the ability to construct language from components,” Dugan said. ... “I suggest that one day, not so far away, it may be possible for me to think in Mandarin and for you to feel it instantly in Spanish.”  (Beklemtoning my eie.)

Ongelooflik! Wie sou kon dink dat ek en jy in ons leeftyd so iets sou beleef! Die punt is egter, Jesus Christus is besig om ‘n weg te baan vir die Evangelie na elke mens op aarde — ter voorbereiding vir Sy spoedige wederkoms! Jesus is haastig om weer te kom!

Is jy gereed?

As jy wil weet hoe om gered en weergebore te word, volg hierdie skakel.

As jy wil weet hoe om 'n Geesbeheerde en oorwinnende geestelike lewe deelagtig te word en 'n bruikbare dissipel van Jesus Christus te wees, volg hierdie skakel.

Om Drie Tekens dat die Wederkoms Vlak Voor die Deur is -Deel 2 te lees, volg hierdie skakel.

Die Skrywer
Deel asseblief hierdie artikel met jou vriende op jou sosiale media

Het jy seën ontvang deur 'n artikel op hierdie webblad? Dan doen ons 'n beroep op jou om deel te word van die Missie Oorwin span.

Missie Oorwin
Die Here roep elkeen van Sy kinders om 'n Aäron en Hur te wees in die stryd vir die Evangelie. Die Missie Oorwin span hou ons arms omhoog soos Aäron en Hur Moses se arms omhoog gehou het op die berg terwyl Josua en die Israeliete teen die Amalekiete geveg het in Exodus 17. Word deel van die Evangelie van Jesus Christus se oorwinningstog deur die wereld! Lees hier meer oor Missie Oorwin.

Artikels

| Tuisblad | Leef In Oorwinning |
| Missie Oorwin |
| Omtrent Ons | Kontak |
| Jou Privaatheid | Ons Aanspreeklikheid |

© Kopiereg 2013-2019 Scripture Educational Programs
Alle regte voorbehou.