Jaag Na Die Doel

Die Evangelie vir die Hele Wêreld!

Wat is Bloedskuld en Hoe Kan ‘n Christen Daaraan Skuldig wees?

deur
Elmer Grobler

Wat is bloedskuld?  

Op verskeie plekke in die Bybel lees ons dat God die bloed van hulle wat onskuldig gesterf het, sal opeis van die skuldige. In Eseg 22:4 lees ons: “Deur die bloed wat jy vergiet het, het jy skuldig geword; …” In Mat 27:25 lees ons dat die Jode met Jesus se veroordeling gesê het: “Laat die skuld vir sy bloed op ons en ons kinders rus!” In Han 20:26,27 sê Paulus vir die gemeente van Efese: “Daarom betuig ek aan julle op hierdie dag dat ek rein is van die bloed van almal. Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie.”

Bloedskuld is wanneer iemand verantwoordelik is vir die onskuldige dood van ‘n ander. Dit is ook duidelik uit die konteks van Han 20:26,27 hierbo dat bloedskuld op die Christen van toepassing is as hy die oorsaak is dat iemand anders verlore gaan. In die konteks van die Nuwe Testament beteken dit dat die Here Sy kinders en die Kerk verantwoordelik gaan hou vir hulle wat verlore gaan sonder dat hulle die Evangelie gehoor het.

Dr Oswald Smith skryf oor bloedskuld ...

In sy boek, The Passion For Souls, skryf Dr Oswald Smith soos volg:

TURN WITH me, if you will, to Ezekiel 3, verses 17 to 19. I am going to change some of the words in this passage in order to bring it up to date. Note carefully the changes. I want to make it applicable to the mission field. Now let us read, beginning at verse 17:

"Christian worker, I have made thee a watchman: therefore hear the word at my mouth, and give warning from me. When I say unto the heathen, Thou shalt surely die; and thou givest him not warning, nor speakest to warn the heathen from his heathenish way, to save his life; the same heathen shall die in his iniquity; BUT his blood will I require at thine hand. Yet if thou warn the heathen, and he turn not from his heathenism, nor from his heathenish way, he shall die in his iniquity; but thou hast delivered thy soul."

"His blood will I require at thine hand." When I read those words I tremble. "His blood will I require at thine hand."

Some day millions upon millions from heathenism will march by the throne, and pointing a finger of scorn at us, they will cry "No man cared for my soul." And then you and I will try to justify ourselves by exclaiming, "But Lord, am I my brother's keeper?" And God will answer, "The voice of thy brother's blood crieth unto me from Africa, from China, from the islands of the sea." The voice of thy brother's blood. Yes, and you will go into heaven, saved, but — with blood on your hands, the blood of those you might have won had you gone or sent someone in your place. It is no light thing to be a watchman. "His blood will I require at thine hand." What are you going to do about it?

Het jy geweet?

Slegs 1% van alle geld wat Christene aan die kerk gee, word op die Onbereikte Wêreld bestee!
91% van alle Christelike en Evangeliese uitreike teiken nie die Onbereikte Wêreld nie maar die Christelike Wêreld (Baxter 2007, 12)
90% van alle buitelandse sendelinge werk onder reeds bereikte groepe. Slegs 10% werk onder onbereikte groepe. (Winter and Koch, 543)
70,000+ mense sterf elke dag in die Onbereikte Wêreld sonder die Evangelie. (Baxter 2007, 12)

Bron: http://www.aboutmissions.org/statistics.html

Waarom sal die Here Sy kinders verantwoordelik hou vir hulle wat verlore gaan sonder die Evangelie?

Die antwoord op hierdie vraag is omdat die Groot Opdrag om die Evangelie uit te dra na die uiteindes van die aarde aan die Kerk gegee is! Jesus Christus het hierdie opdrag aan jou en my gegee! Ons sal eendag rekenskap moet gee aan die Here oor wat ons met hierdie opdrag gedoen het. So klink Eseg 3:18 in Afrikaans: “Wanneer Ek vir 'n goddelose sê hy gaan sterwe, en jy waarsku hom nie, jy praat nie en jy waarsku nie die goddelose teen sy bose optrede om hom so in die lewe te hou nie, dan sal hy deur sy sonde sterwe, maar Ek sal van jou rekenskap eis vir sy dood.”

Jy sê, maar hoe kan ek as ‘n individu die uiteindes van die aarde bereik? Daar is minstens drie dinge wat elke Christen kan doen: bid, gee, en om andere te mobiliseer om dieselfde te doen. As alle Christene in die wêreld getrou was om net te bid en te gee, sou die hele wêreld al lankal bereik gewees het met die Evangelie. Ongelukkig is dit slegs ‘n minderheid van Christene wat getrou is hierin. Daarom moet die ander opgeroep en gemobiliseer word tot aksie. Hierin kan jy ‘n onmisbare rol speel. Deur eenvoudig hierdie boodskap aan te stuur aan jou vriende en op jou sosiale media te deel, vervul jy hierdie derde funksie.

Die Skrywer
Deel asseblief hierdie artikel met jou vriende op jou sosiale media
Het Jy Geweet?
Vyf Broodjies En Twee Vissies

Het jy geweet dat jy 'n stuurder van die Evangelie na die onbereikte wêreld kan wees deur 'n 'digitale sendeling' uit te stuur vir so min as 'vyf garsbroodjies en twee vissies'? As jy seën ontvang het deur 'n artikel op hierdie webblad, doen ons 'n beroep op jou om deel te word van Scripture Educational Programs (waarvan hierdie webblad 'n projek is) se digitale 'stuur'-projek na die uiteindes van die wêreld. Volg die skakel vir meer inligting.

Artikels

Het jy seën ontvang deur 'n artikel op hierdie webblad? Dan doen ons 'n beroep op jou om deel te word van die Missie Oorwin span.

Missie Oorwin
Die Here roep elkeen van Sy kinders om 'n Aäron en Hur te wees in die stryd vir die Evangelie. Die Missie Oorwin span hou ons arms omhoog soos Aäron en Hur Moses se arms omhoog gehou het op die berg terwyl Josua en die Israeliete teen die Amalekiete geveg het in Exodus 17. Word deel van die Evangelie van Jesus Christus se oorwinningstog deur die wêreld! Lees hier meer oor Missie Oorwin.
| Tuisblad | Leef In Oorwinning |
| Missie Oorwin |
| Omtrent Ons | Kontak |
| Jou Privaatheid | Ons Aanspreeklikheid |

© Kopiereg 2013-2019 Scripture Educational Programs
Alle regte voorbehou.