Jaag Na Die Doel

Die Evangelie vir die Hele Wêreld!

Sewe Mites Omtrent Jesus se Groot Opdrag

deur
Elmer Grobler

Sewe mites wat baie Christene glo omtrent Jesus se Groot Opdrag

1. Jesus se Groot Opdrag is ‘n opsionele ekstra tot die Evangelie.

Die waarheid is: As jy ’n Christen is, is dit die gevolg van iemand wat die Groot Opdrag uitgevoer het — en as jy die Groot Opdrag uitvoer, is dit omdat jy ’n Christen is. Lees die artikel: Roep God Elke Christen? 

2. Om betrokke te wees by die uitdra van die Evangelie buite my eie omgewing en land is opsioneel.

Die waarheid is: Elke Christen moet betrokke wees tot aan die uiteindes van die wêreld. Lees die artikel: Wat is Bloedskuld en Hoe Kan ‘n Christen Daaraan Skuldig wees? 

3. Die Kerk en Jesus se Groot Opdrag is twee onafhanklike Bybelse waarhede.

Die waarheid is: Die Kerk bestaan as gevolg van die Groot Opdrag — en die Groot Opdrag is die primêre bestaansdoel van die Kerk. Lees Dr Oswald Smith se artikel: Is the Evangelization of the World the Supreme Task of the Church? 

4. As ek betrokke is by die kerk is ek besig met Jesus se Groot Opdrag

Die waarheid is: Nêrens in die Bybel word aan die Christen die opdrag gegee om by die kerk betrokke te wees nie. Die enigste opdrag in die Bybel is dat die Kerk primêr by die Groot opdrag en die voltooiïng daarvan betrokke moet wees. Lees die artikel: Ses Dinge Waarmee God nie Besig is nie. 

5. As ek betrokke is by sending en evangelisasie is ek outomaties betrokke by die voltooiïng van Jesus se groot Opdrag

Die waarheid is: Nie so nie ... Behalwe in my plaaslike omgewing moet ek ook doelgerig betrokke wees by die uitdra van die Evangelie na die mins-geëvangeliseerde en onbereikte wêreld. Lees Dr Oswald Smith se artikel: Why Should Anyone Hear the Gospel Twice before Everyone has Heard it Once? 

6. Die gee van my offergawe het niks met Jesus se Groot Opdrag te doen nie.

Die waarheid is: Dit is ‘n skande dat die belangrikste taak van die Kerk moet steun op kollektes, blikkie-projekte, koek- en tweedehandse klereverkopings om die werk van die Kerk te doen! Lees die artikel: “Wat Moet Ons Doen, Broeders?” 

7. Daar is geen verband tussen Jesus se wederkoms en Sy Groot Opdrag nie.

Die waarheid is: Die Groot Opdrag sal voltooi wees met Jesus Christus se wederkoms - en wanneer die wederkoms gaan plaasvind hang af van die voltooiïng van Jesus se Groot Opdrag. Lees Dr Oswald Smith se artikel: Will Christ Return to Earth Before the World has been Evangelized? 

Die Skrywer
Deel asseblief hierdie artikel met jou vriende op jou sosiale media
Het Jy Geweet?
Vyf Broodjies En Twee Vissies

Het jy geweet dat jy 'n stuurder van die Evangelie na die onbereikte wêreld kan wees deur 'n 'digitale sendeling' uit te stuur vir so min as 'vyf garsbroodjies en twee vissies'? As jy seën ontvang het deur 'n artikel op hierdie webblad, doen ons 'n beroep op jou om deel te word van Scripture Educational Programs (waarvan hierdie webblad 'n projek is) se digitale 'stuur'-projek na die uiteindes van die wêreld. Volg die skakel vir meer inligting.

Artikels

Het jy seën ontvang deur 'n artikel op hierdie webblad? Dan doen ons 'n beroep op jou om deel te word van die Missie Oorwin span.

Missie Oorwin
Die Here roep elkeen van Sy kinders om 'n Aäron en Hur te wees in die stryd vir die Evangelie. Die Missie Oorwin span hou ons arms omhoog soos Aäron en Hur Moses se arms omhoog gehou het op die berg terwyl Josua en die Israeliete teen die Amalekiete geveg het in Exodus 17. Word deel van die Evangelie van Jesus Christus se oorwinningstog deur die wêreld! Lees hier meer oor Missie Oorwin.
| Tuisblad | Leef In Oorwinning |
| Missie Oorwin |
| Omtrent Ons | Kontak |
| Jou Privaatheid | Ons Aanspreeklikheid |

© Kopiereg 2013-2019 Scripture Educational Programs
Alle regte voorbehou.