Jaag Na Die Doel

Die Evangelie vir die Hele Wêreld!

Wanneer sal die Hele Wêreld met die Evangelie bereik word?

deur
Elmer Grobler

Opgedateer: Junie 2023

Wanneer mens hoor dat daar nog ongeveer 3 biljoen mense in die wêreld is wat geen, of weinig toegang tot die Evangelie het, lyk dit of die taak nog baie ver van afgehandel is. Hierdie is die een kant van die verhaal, maar ek wil vir jou die anderkant van die verhaal vertel.

Weet jy dat God besig is met ’n wonderwerk onder die oë van die Kerk terwyl meeste Christene totaal onbewus is daarvan! Vir die eerste keer in die geskiedenis van die wêreld is dit nou moontlik om elke volk, stam en taal met die Evangelie te bereik met behulp van die moderne tegnologie — gedurende ons leeftyd! Ons leef in die tyd van die tegnologiese revolusie! Die digitale tegnologie is besig om teen so ‘n geweldige spoed te ontwikkel dat dit moeilik is vir Mnr en Mev Gemiddeld om by te hou.

1. Elke mens op aarde sal binnekort digitaal verbind wees.

Daar is natuurlik ‘n negatiewe kant van die tegnologiese revolusie waarvan ons bewus is, naamlik ‘n beweging na ‘n “big-brother”, super-beheerde, skyfie-kommersiële, hoë-tegnologiese samelewing wat uiteindelik deur die antichris beheer sal word — en wat ook ‘n teken van die eindtyd is waarin ons leef. Daar is egter ‘n positiewe kant van die tegnologiese revolusie, en dit is die feit dat elke mens op aarde binnekort digitaal verbind sal wees — en daarom toegang tot die Evangelie van Jesus Christus sal hê. Hierdie is die volgende groot ding wat in die wêreld besig is om te gebeur!

God is besig om ‘n wonderwerk te bewerkstellig! Die Here is besig om ‘n pad vir die Evangelie te baan na elke volk, stam en taal in die wêreld soos nog nooit voorheen in die geskiedenis van die wêreld nie!  

2. Nuwe Bybelvertalings word toegevoeg teen ‘n fenominale tempo.

'n Belangrike indikasie van die stand van wêreldsending is die stand van Bybelvertaling. Die verspreiding van die Evangelie na elke volk, stam en taal is onderworpe aan die beskikbaarheid van die Bybel, of minstens die Evangelie in 'n verstaanbare taal vir elke mens in die wêreld.

Daar bestaan 'n totale behoefte aan 'n Bybelvertaling in 4,893 tale in die wêreld. Gedeeltes van die Bybel is reeds vertaal in 3,589 tale, wat 97% van die wêreldbevolking verteenwoordig. Daar is tans 2,846 vertalingsprojekte aan die gang, terwyl 1,680 nog moet begin. Terwyl dit na 'n enorme groot taak klink wat nog voorlê (en dit is), verteenwoordig dit slegs ongeveer 3% van die wêreldbevolking. Bybelvertalers het vir hulle 'n doelwit gestel om teen 2025 ‘n aktiewe vertalingsprojek in elk van die 4,893 tale in plek te hê. Hierdie vertalings sal in druk, sowel as op elke moontlike mobiele instrument beskikbaar wees.

YouVersion het as volg berig op 20 Oktober 2015: “Together with our partners from several visionary Bible translators and providers, YouVersion is working to get the Bible to every person on Earth, no matter where they live or what language they prefer. And now, for the first time in the history of the world, together, we have the tools to see this dream become a reality…within this generation. … In the past six months alone, … we’ve been privileged to add 102 new Bible versions to the Bible App, in 86 new languages. ... With these latest additions, that means the Bible App now features 1,200 versions in 868 languages. For free. To anyone in the world who wants them.”

Ten tye van hierdie skrywe (Julie 2023) was daar reeds 1,973 tale beskikbaar op YouVersion Bible App, teenoor 1,367 in 2019. Dit is ‘n toename van 44% binne 3 jaar.

3. Internettoegang is besig om beskikbaar te word regoor die wêreld teen ‘n fenominale tempo.

‘n Baie interessante ontwikkeling is dat die Here besig is om Israel te gebruik om hierdie doel te verwesenlik. Terwyl ons besig is om die Evangelie van Jesus Christus as die Messias na Israel te neem, is die Here besig om (ongelowige) Israel te gebruik om die weg te baan vir die Evangelie na die hele wêreld deur die ontwikkeling van digitale tegnologie. Hierdie is ‘n aanhaling uit ‘The Times Of Israel’. “Among the projects Facebook Israel is concentrating on, for example, is Facebook’s Internet.org project, which provides access to basic, free Internet services in the developing world. … The project is designed to enable the billions of people lacking in Internet access to tap into the web using their cell phones, ... It’s a new concept called the ‘Internet of Good,’ a concept that Mark [Facebook CEO Zuckerberg] has talked about.” Lees gerus die artikel: The Internet Of Good.

Hier is nog ’n artikel uit ‘The Times Of Israel’: “Facebook founder Mark Zuckerberg on Saturday announced that his company was partnering with the United Nations for refugees to bring internet access to refugee camps. … Zuckerberg, along with Microsoft billionaire Bill Gates, also threw his weight behind the goal of bringing internet access to everyone in the world by 2020.” Lees die artikel hier.

Lees ook gerus die volgende artikels:

“Satellite pioneer SkyFi’s Vision: Worldwide internet access.”

“Facebook readies African internet satellite launch”

Dit beteken dat elke mens op aarde binnekort toegang tot die Evangelie op elke digitale instrument, insluitende ‘n selfoon sal hê.

4. Die Bybel en die Evangelie is nou vryelik beskikbaar regoor die wêreld op ‘n selfoon.

"Millions have downloaded YouVersion’s new “lite” app, designed for mobile users without access to broadband internet."

Ons het reeds vir u die statistieke gegee van die nuwe vertalings wat toegevoeg word op die YouVersion Bible App. Ons hoef dus nie meer Bybels in te smokkel na lande wat geslote is vir die Evangelie nie. Die Bybel is beskikbaar op hulle selfone!

Selfoontegnologie is besig om teen ‘n skrikwekkende tempo te ontwikkel en dit word gedryf deur groot internet maatskappye soos ons reeds hierbo gemeld het. Meer mense in die wêreld het reeds toegang tot ‘n selfoon as wat toegang tot ‘n toilet het. Volgens 2019 statistieke besit 67% Van die wêreldbevolking 'n selfoon, terwyl 'n veel groter persentasie toegang tot ‘n selfoon het. In sekere arm gemeenskappe is daar dalk slegs een selfoon per huisgesin, maar die hele gesin het toegang daartoe.  

Selfoontegnologie is ook besig om dit vir plaaslike en inheemse sendelinge moontlik te maak om mense met behulp van digitale media te bereik. In plaas van met ‘n Bybel onder die arm, stap ‘n sendeling nou met ‘n slimfoon in sy sak.

5. Die probleem van ongeletterdheid word oorbrug met digitale tegnologie.

Oudio en visuele tegnologie word gebruik om die probleem van ongeletterdheid te oorbrug. Oudio-Bybels is reeds beskikbaar op YouVersion in baie tale terwyl meer tale voortdurend toegevoeg word.

Gedeeltes van die Bybel is ook beskikbaar in visuele formaat in al die groot wêreldtale. Die Jesus-film is reeds in meer as 2,030 tale vertaal en kan verstaan word deur meer as 95% van die wêreld se bevolking — en is beskikbaar op ‘n selfoon! “Recognized by the Guinness Book of World Records as the most-translated film in history, the JESUS film has been dubbed into more than 2,000 languages.”

6. Baie sendingorganisasies het reeds op die tegnologiebus geklim met groot sukses.

Die internet en digitale media soos Facebook, YouTube, en 'n groot verskeidenheid van nuwe toepassings word toenemend deur sendingorganisasies en kerke gebruik om die Evangelie die hele wêreld in te stuur.

‘n Nuwe bewustheid en beweging regoor die wêreld is besig om die klem te plaas op die voltooiïng van die Groot Opdrag en die bereiking van die onbereiktes met die Evangelie. Voorbeelde hiervan is Vision 2033, illumiNations, Faith Comes By Hearing,Alliance For The Unreached, ||| A Third Of Us, en Amsterdam 2023.

Ons het nie spasie om van al die radio-, oudio-, video-, en televisiebedieninge en projekte te vertel wat mense regoor die wêreld met die Evangelie bereik wat nooit vroeër bereik kon word nie!

7. Minderheidstale is besig om te sterf.

Engels is besig om as wêreldtaal teen rasseskrede toe te neem, terwyl minderheidstale besig is om te sterf teen ‘n tempo van een elke twee weke. https://languageconservancy.org/language-loss/

Wanneer sal die Onbereikte Wêreld met die Evangelie bereik word?

As ons hierdie antwoord weet, weet ons wanneer om Jesus Christus se wederkoms te verwag. Jesus Christus kom om Sy kinders en Sy Bruid te haal -- en die Bybel leer vir ons dat Sy kinders en Bruid verteenwoordig sal word deur elke nasie, volk, stam en taal. (Op 5:9 en 7:9.)

Dit wil voorkom of hierdie laaste groep onbereikte mense die moeilikste is om te bereik met die Evangelie. Die deure vir die Evangelie is reeds besig is om stadig maar seker toe te gaan oor die sosiale media, ter voorbereiding vir die verskyning van die Antichris. Alhoewel God nie die Kerk se opdrag namens haar sal uitvoer nie, weet ons ook dat die Here Homself aan groot getalle Moslems en mense van ander godsdienste regoor die wêreld openbaar op buitengewone maniere. Daar is talle berigte van Moslems en andere regoor die wêreld wat getuig dat hulle deur drome en op bonatuurlike wyses 'n ontmoeting met Jesus Christus gehad het. Ons lees in Op 14:6: "En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke."

Die vlugtelingkrisis is nog so 'n voorbeeld. Miljoene vlugtelinge regoor die wêreld verkry toegang tot die Evangelie in die lande waarheen hulle vlug. Dit is my beskeie mening dat die Here 'n bonatuurlike pad vir die Evangelie sal maak na elke nasie, volk, stam en taal reg voor Sy wederkoms. Die wederkoms van Jesus Christus is inderdaad vlak voor die deur!

Die Skrywer
Deel asseblief hierdie artikel met jou vriende op jou sosiale media
Het Jy Geweet?
Vyf Broodjies En Twee Vissies

Het jy geweet dat jy 'n stuurder van die Evangelie na die onbereikte wêreld kan wees deur 'n 'digitale sendeling' uit te stuur vir so min as 'vyf garsbroodjies en twee vissies'? As jy seën ontvang het deur 'n artikel op hierdie webblad, doen ons 'n beroep op jou om deel te word van Scripture Educational Programs (waarvan hierdie webblad 'n projek is) se digitale 'stuur'-projek na die uiteindes van die wêreld. Volg die skakel vir meer inligting.

Artikels

Het jy seën ontvang deur 'n artikel op hierdie webblad? Dan doen ons 'n beroep op jou om deel te word van die Missie Oorwin span.

Missie Oorwin
Die Here roep elkeen van Sy kinders om 'n Aäron en Hur te wees in die stryd vir die Evangelie. Die Missie Oorwin span hou ons arms omhoog soos Aäron en Hur Moses se arms omhoog gehou het op die berg terwyl Josua en die Israeliete teen die Amalekiete geveg het in Exodus 17. Word deel van die Evangelie van Jesus Christus se oorwinningstog deur die wêreld! Lees hier meer oor Missie Oorwin.
| Tuisblad | Leef In Oorwinning |
| Missie Oorwin |
| Omtrent Ons | Kontak |
| Jou Privaatheid | Ons Aanspreeklikheid |

© Kopiereg 2013-2019 Scripture Educational Programs
Alle regte voorbehou.