Jaag Na Die Doel

Die Evangelie vir die Hele Wêreld!

'n Vrou Moet Sterf Maar Sy Kan Nie!

deur
Elmer Grobler

'n Vriendin vertel aan my die volgende ware verhaal. Sy vertel dat sy ‘n vrou in die hospitaal besoek het, wie se man op hulle huishulp verlief geraak het. Hulle was welaf en die man sê toe aan sy vrou dat sy die huis kon kry as sy sou toelaat dat hy en sy nuwe liefde in die woonstel agter die huis kon woon. Die vrou se dokter en prokureur het haar egter aanbeveel om van haar man ontslae te raak.

Na die egskeiding is die vrou gediagnoseer met kanker. Sy vertel dat toe sy op ’n dag by die hospitaal kom om pasiënte te besoek, vertel die saalsuster vir haar dat daar ‘n pasiënt in die saal is wat moet sterf maar sy kan nie sterf nie! Toe sy in die saal kom is dit die bogenoemde pasiënt — ’n pragtige vrou! Sy was besig om te eet en terwyl ons vriendin wag om met haar te kan praat, wag sy op die Here en vra Hom wat sy vir die vrou moet sê. Die Onse Vader gebed kom by haar op — ”vergeef ons skulde soos ons ook ons skuldenaars vergeef.”

Sy vra toe vir haar: “Het jy jou man al vergewe? As hy nou voor jou bed sou staan sal jy hom in sy oë kan kyk en aan hom kan sê: “Ek vergewe jou soos Jesus my ook vergeef het”? Die vrou bid toe en sê vir die Here, “Here, ek vergewe hom soos U my vergeef het.” Die volgende oggend toe sy by die saal kom het die vrou deur die nag gesterf! Wat ‘n genade! 

Wat van jou? 

Is daar onvergewensgesindheid in jou hart teenoor iemand? Is daar iemand wat jy moet vergewe? Is daar bitterheid in jou hart teenoor iemand? Is daar ‘n gebroke verhouding wat jy moet herstel? Hou jy iemand gevange in die tronk van jou hart, wie jy moet vrylaat? Die Woord van God sê as jy nie van harte vergewe nie, sal jy ook nie vergewe word nie! Moenie dat die duiwel jou mislei met ‘n gevoel van selfregverdiging nie! Word versoen met daardie persoon en met God voor dit te laat is — jy weet wie dit is!

Die wonder van die Evangelie

Dit wat jy hierbo gelees het, is die boodskap van die Evangelie van Jesus Christus! Die wonder van die Evangelie is dat dit versoening bewerkstellig tussen ‘n sondaarmens en God — en tussen mens en mens. 

Die geheim van versoening is die Evangelie — en die wonder van die Evangelie is versoening — met God en mens!

2 Kor 5:17-21: “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen. Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.” 

Lees gerus ook die volgende artikel en stuur dit aan vir iemand wat jy dalk ken wat dit moet lees voor dit te laat is: Die Vloek Van Egskeiding.

Die Skrywer
Deel asseblief hierdie artikel met jou vriende op jou sosiale media
Het Jy Geweet?
Vyf Broodjies En Twee Vissies

Het jy geweet dat jy 'n stuurder van die Evangelie na die onbereikte wêreld kan wees deur 'n 'digitale sendeling' uit te stuur vir so min as 'vyf garsbroodjies en twee vissies'? As jy seën ontvang het deur 'n artikel op hierdie webblad, doen ons 'n beroep op jou om deel te word van Scripture Educational Programs (waarvan hierdie webblad 'n projek is) se digitale 'stuur'-projek na die uiteindes van die wêreld. Volg die skakel vir meer inligting.

Artikels

Het jy seën ontvang deur 'n artikel op hierdie webblad? Dan doen ons 'n beroep op jou om deel te word van die Missie Oorwin span.

Missie Oorwin
Die Here roep elkeen van Sy kinders om 'n Aäron en Hur te wees in die stryd vir die Evangelie. Die Missie Oorwin span hou ons arms omhoog soos Aäron en Hur Moses se arms omhoog gehou het op die berg terwyl Josua en die Israeliete teen die Amalekiete geveg het in Exodus 17. Word deel van die Evangelie van Jesus Christus se oorwinningstog deur die wêreld! Lees hier meer oor Missie Oorwin.
| Tuisblad | Leef In Oorwinning |
| Missie Oorwin |
| Omtrent Ons | Kontak |
| Jou Privaatheid | Ons Aanspreeklikheid |

© Kopiereg 2013-2019 Scripture Educational Programs
Alle regte voorbehou.